myspace music

Philip de Villiers en die Blinde Boereorkes
Folk

Vir besprekings skakel 082 6211305




South Africa

Profile Views:  1641




Last Login:  8/24/2010
View My: Pics | Playlists

   Contacting Philip de Villiers en die Blinde Boereorkes

 MySpace URL: 

   Philip de Villiers en die Blinde Boereorkes: General Info
Member Since3/11/2009
Band Websitewww.myspace.com/blindeorkes
Band MembersCARTE BLANCHE - MAART 2009 DEEL 1 DEEL 2 INSETSEL OP KWELA - MAART 2009 INSETSEL OP ETV NUUS - FEBRUARIE 2009
Influences

NUUS-ARTIKELS (kliek op prentjies om groot weergawes oop te maak)

Die Burger, 24 Februarie 2009

die-burger-thumbnail

Cape Times, 26 Februarie 2009

cape-times-26-feb-thumbnail

Cape Argus, 29 Februarie 2009

cape-argus-29-feb-thumbnail1

Type of LabelUnsigned


Get Flash now!

In order to listen or view this content you will have to upgrade your version of Flash.


Philip de Villiers en die Blinde Boereorkes's Latest Blog Entry  [Subscribe to this Blog]

[View All Blog Entries]

   About Philip de Villiers en die Blinde Boereorkes

[VIR BESPREKINGS E-POS info@blindeorkes.co.za of skakel 0826211305 ]

BIOGRAFIE

Philip de Villiers het die Blinde Boereorkes ontmoet met sy ma se 70ste verjaardag op sy tuisdorp Aurora, in Julie 2007. Dié skrywer van sielvolle Afrikaanse ballades sou nooit kon droom dat hy betrokke sou raak by ‘n boereorkes nie, maar met sy ma se groot liefde vir boeremusiek as ‘n dryfveer, het hy besluit om haar kleurryke lewe op te som in dié styl met die liedjie, “Sy’s oud maar sy’s nie koud nie,” wat in transito geskryf is: “Dit het bloedsweet gekos om hierdie liedjie binne ‘n uur en ‘n half te voltooi in die motor oppad na die partytjie. Ek het by Philadelphia op die N7 begin en toe ons Aurora binnery was dit klaar.” Die feit dat sy ma die orkes, verbonde aan die Instituut vir Blindes in Worcester, bespreek het om haar gaste te vermaak by die partytjie, was heel gepas. “Ek het dadelik die liedjie met die boereorkes gerepeteer, en het oombliklik met hulle aanklank gevind. Dis waar die idee gebore is vir ‘n vollengte-album.”

Op soek na geskikte materiaal, het hy ‘n 80-jarige man, Boeta Gamsa van die Bo-Kaap raakgeloop. Boeta het manuskripte van sy pa geërf van liedjies wat meer as ‘n eeu oud is, waarvan die helfte Kaaps-Hollands bevat. Oor ‘n tydperk van ‘n jaar het Philip die liedjies op gehoor by hom geleer, en dit einde Februarie 2009 by die Dorpstraat Teater in Stellenbosch met die Blinde Boereorkes uitgevoer. Die vermenging van Boeta se Ghoema-klank en tradisionele boeremusiek, het onverwags tot ‘n nuwe styl gelei, wat hulle Boereghoema noem.

Die storie het die media so aangegryp dat Carte Blanche, ETV Nuus, Kwêla en RSG insetsels daaroor vervaardig het (kyk en luister by www.blindeorkes.co.za).

Philip de Villiers het grootgeword in ‘n boeremusiekfamilie. Sy oupa-grootjie, Jan Roelofse oftewel Jan Boom, het die ukelele en die viool bespeel vir Jan Visser se boereorkes in Stellenbosch, sonder ‘n wysvinger aan sy linkerhand. (Volgens oorlewering was hy gebore onder die grootste geelhoutboom in die Knysna-bos, vandaar die bynaam “Boom.”) Op 6-jarige ouderdom het Philip se ma, self ‘n amateur-musikant, vir hom die trekklavier leer speel, wat vandag ‘n groot deel vorm van sy vertonings. Hy het ook die konsertina bestudeer op 11-jarige ouderdom met die boeremusiek-maestro van Kempton Park, Nic Potgieter. “Oom Nic het vir my tapes gestuur met die lesse oor die pos, en die posisies op die konsertina genoteer in bladmusiek wat hy spesiaal ontwikkel het. Ek was selfs aangewys as sy Konsertina-student van die jaar!” Met die storm-en-drang van sy tienerjare, het Philip boeremusiek verruil vir kontemporêre musiek, en sy konsertina vir ‘n CD-speler.

Die ander trekklavierspeler benewens Philip in die orkes, is Oom Jerry Harrison. Hy maak rottangmeubels by die Blinde Instituut en vier vanjaar sy 81ste verjaardag. Sy pa was ‘n violis in ‘n jazz-orkes. Jerry het boeremusiek op sy trekklavier geleer speel op 40-jarige ouderdom, teen sy pa se sin. Die tasbare genot wanneer Oom Jerry die uitskud speel (die term wat gebruik word om ‘n solo in ‘n ander sleutel te beskryf), is soortgelyk aan ‘n rock-ster.

Die baskitaarspeler, Sakkie Reid, vervaardig matrasvere by die instituut. Hy maak al musiek vir 28 jaar, en sy pa wat in ‘n big band gespeel het, het hom vele instrumente geleer. Hy woon op die perseel van die Instituut vir Blindes met sy vrou, wat ook visueel-gestremd is, en hulle vyf kinders, “Musiek is deel van ons lewens. Oor naweke vermaak ek my vrou en die kinders nie net met boeremusiek nie, maar ook liedjies wat ek oor die radio hoor.”

Die tromspeler, Richard Nwabi, woon in die Zweletemba township buite Worcester. Hy bespeel ook ‘n aantal instrumente, en vervaardig en verwerk musiek vir sy plaaslike Sioniste-kerk. Hy het sy sig verloor op 2-jarige ouderdom weens masels. “My ma het vir 12 dae gevas toe ek blind geword het, toe die Here haar in ‘n droom besoek het. Hy het aan haar gesê dat ek weer sal sien – nie op die manier waaraan ek gewoond was nie, maar op ‘n heel nuwe manier.”

Met ‘n unieke klank, ‘n bohaai in die media, ‘n platekontrak-aanbod deur Universal Musiek en ‘n groot aanvraag na publieke optredes, is die Blinde Boereorkes bestem om volksbesit te word. “Ons wil by elke dans, opskop en makietie in die land optree, en vir Suid-Afrika wys dat ‘n gestremdheid nie ‘n doodsvonnis is nie. Met die sintuie wat ons wél het, wil ons die land aan die brand speel!”


   Philip de Villiers en die Blinde Boereorkes's Friend Space (Top 7)
Philip de Villiers en die Blinde Boereorkes has 7 friends.
 Tom 


 MySpace UK 


 The Music Studio 


 www.twitter.com/djkingassassin 


 .MUSIC Extension: www.music.us 


 aquablauw 


 Robinet 





Philip de Villiers en die Blinde Boereorkes's Friends Comments
Add Comment


©2003-2010 MySpace, Inc. All Rights Reserved.